400
700
900
Die onsigbares
E.K.M. Dido

Die onsigbares

kwela Boeke (2003)
9780795701580
223 pages | Afrikaans
LC Classification PT6592.14.I36 .O57 2003
LC Control No. 2003538870

Plot

Die verhaal van vier vroue wat almal met polisiemanne getroud is en wie se lewens almal drasties beinvloed word deur die gevaar en gepaardgaande stres wat eie geword het aan die taak van die polisie in die eietydse Suid-Afrika. Die verhaal begin met Joan wat die man met wie sy getroud is skaars kan herken in die afgetrokke, teneergedrukte eggenoot wat kwalik nog met sy twee jong dogters kommunikeer maar tog rasend van bekommernis oor hulle veiligheid, allerlei reels vir hulle opstel. Uit radeloosheid en in 'n poging om kontak te maak met ander vroue wat moontlik ook in stilte ly as gevolg van die huislike spanning wat hul mans se werk in die polisiemag teweeg bring, plaas Joan 'n klein kennisgewing in die koerant. So maak sy telefonies kontak met drie ander vroue, elkeen uit 'n ander geografiese en sosiale omgewing. Elkeen van hierdie vroue se verhaal word in die loop van die roman vertel. Hoewel die verhale heeltemal van mekaar verskil en die vroue mekaar nie van aangesig tot aangesig ontmoet nie, word die verskillende verhaalstringe deur telefoniese kontak tot een groter spannende verhaal gesnoer.

Personal

Read
Index 15931
Added Date Jul 12, 2021 14:40:54
Modified Date Jul 12, 2021 14:40:54