Laat ons dit dadelik se: Piet Bakker se Ciske, oorspronklik in Nederlands uitgegee, is vandag 'n wereldberoemde boek en ook reeds verfilm en met 'n prys bekroon. Dit word by die honderdduisende in vele tale gelees, maar dit alleen regverdig nie noodwendig 'n Afrikaanse uitgawe nie. Die regverdiging sal vansersprekend duidelik wees aan almal wat dit gelees het.
Die verhaal is merkwaardig en teer, maar hoegenaamd sonder enige sentimentaliteit. So boeiend is dit dat dit net nie moontlik is om die boek opsy te sit nadat mens dit begin lees het nie.
Dit gaan oor 'n onderwyser en 'n seuntjie en 'n skokkende reeks gebeurtenisse. Nadats jy dit toegemaak het, kom by jou die gedagtre op dat jy nou dalk beter verstaan; jy wonder selfs of die probleem van 'n bedremmelde kind op 'n straathoek nie dalk groter gaan wees as 'n internasionale staatsprobleem nie. Want die verwaarloosde, afgeskeepte kinders op straathoeke tel moontlik al miljoene en 'n mens wil duisel om te dink dat daar more soveel grootmense met skewe en verwronge gesindhede sal kan wees.
Maar so somber is die prent nie - nie in Ciske nie - want teenoor die seun se venynigheid het 'n begrypende onderwyser stelling ingeneem. Ook is dit waar uit Ciske dat nog die prentstrokie, nog ander populere oorsake, die ker raak. Die gebrek aan liefde en versorging in ons liefdesarm eeu sien Bakker as die dieperliggende wortel van die kwaad. Dit is los gedagtes wat mens beetpak by die lees van die boek. Bowenal en in die eerste plek egter, is dit 'n aangrypende kinderverhaal wat, net soos die bereomde versameling, "Kinderen" van Ina Boudier-Bakker, deur jonk en oud geniet sal word. Die Afrikaanse bewerking is keurig en met fyn aanvoeling vir atmosfeer en situasie gedoen.
Piet Bakker, in Rotterdam gebore op 10 Augustus 1897, was 'n onderwyser - glo 'n baie swak onderwyser. Hy was hartstogtelik geheg aan sy leerlinge, maar was van mening dat hy hulle niks van blywende waarde kon leer nie. Hy verlaat die skool na twee jaar om joernalis te word en bereik in die beroep groot hoogtes.
| Read | |
|---|---|
| Index | 20317 |
| Added Date | Aug 29, 2021 14:26:01 |
| Modified Date | Aug 29, 2021 14:26:49 |