Vergete slagoffers van die Bosoorlog
In die grensloorlog kry 'n jong dokter sy vuurdoop in die weermang. Met slegs 'n blitskursus in psigiatrie moet Anthony Feinstein skielik honderde getraumatiseerde soldate behandel. Op Oshakati in die destydse Suidwes word hy ingesuig by die oorlogsgruwels wat die dienspligtiges teister. Alkoholisme, slapeloosheid en gewelddadigheid is aan die orde van die dag by sy pasiente. Wanneer hy uitgeplaas word by 'n afgelee polisiebasis beleef hy self die skok van oorlogvoering. Op patrollie sien hy hoe die konflik selfs geharde soldate tot breekpunt dryf. 'n Aangegrypende ware verhaal oor die trauma en onsigbare wonde waaroor soldate selde praat.
| Read | |
|---|---|
| Index | 22469 |
| Added Date | Dec 15, 2021 13:28:01 |
| Modified Date | Dec 15, 2021 13:28:01 |