Jonathan Ball Publishers (1999)
Die groot verlange bied nie net 'n fassinerende blik op een van die veelsydigste en merkwaardigste Afrikaners wat ooit geleef het nie, maar is terselfdertyd 'n panorama van 'n groot gedeelte van die Afrikaners se geskiedenis.Teen hierdie wisselende geskiedkundige agterdoek leer ons Marais in al sy veelsydigheid as strydlustige jong koerantman in die Kruger-jare; as taalstryder, digter, prosaïs wat Afrikaans as taal help vestig het; as natuurwetenskaplike, hipnotiseur, geneesheer, sielkundige, advokaat, wêreldburger, towenaar, kindervriend, wewenaar, minnaar en morfinis.
| Read | |
|---|---|
| Index | 22943 |
| Added Date | Feb 11, 2022 19:18:59 |
| Modified Date | Feb 11, 2022 19:18:59 |