Vir hierdie man moet sy ligloop, dit weet Janneli sommer in die eerste week wat sy as Le Fleur se gastehuisbestuurder begin werk. Sy reputasie as dié hartebreker in die Franschhoekvallei het hom immers vooruitgeloop. En hy weet dit nie, maar hierdie wynplaas is glad nie vir haar onbekende terrein nie. Baie gou blyk dit dat sy nie verniet op haar hoede was nie. Trouens, hy gaan met haar 'n weddenskap aan dat sy voor die oestyd verby is, nog een van die vrouegesigte in sy berugte album sal wees! Janneli aanvaar dit. En geen meisie gaan 'n weddenskap aan as sy nie 'n taamlik goeie kans staan om te wen nie.
| Read | |
|---|---|
| Index | 21227 |
| Added Date | Sep 13, 2021 09:51:03 |
| Modified Date | Sep 13, 2021 09:51:03 |